Eko-Klub
Gedurende die Junie-vakansie het 10 leerders aan die Bosbevonk Bosdraaikamp deelgeneem.
Op die kamp het leerders die geleentheid gehad om sonder tegnologie en gemak klaar te kom.
Waardes vir die natuur is ingeskerp en leerders het geleer om vir hulself en hul groepmaats
te sorg. Hulle is almal ook gekonfronteer met situasies waarvan hulle nie hou nie en moes
dus staatmaak op mekaar se sterk punte.
Op die kamp het dit net weer na vore gekom hoe innoverend ons jeug is en die mees
uitstaande kenmerk was hoe taai hulle kan wees.
Die oomblik toe die veilige kokon verwyder is, het hulle net sterker en sterker die
onbekende teengestaan en aangepas.
Hulle het van 27 Junie 2011 tot 1 Julie 2011 gaan kamp.
