Olimpiades

‘n Groot aantal leerders het aan Olimpiades deelgeneem en baie goed gevaar.
Olipades waaraan deelgeneem is:

Global Algemene Kennis Olimpiade Afrikaans Taal- en Kunstefees
English Olympiad Verbruikerstudie Olimpiade
Lewenswetenskappe Olimpiade Computer Applications Olympiad
Global Wiskundige Geletterdheid Olimpiade Harmony Gold Wiskunde Olimpiade
Vrystaat Wiskundespan Addisionele Wiskunde
Amesa Wiskunde Kompetisie Departementele Vasvrakompetisie

Global Algemene Kennis Olimpiade - to top

Met die oorvleuling met die eksamens kon ons nie die jaar deelneem nie.

Afrikaans Taal- en Kunstefees - to top

Ons het hierdie jaar weer ‘n baie groot deelname gehad aan die Fees en ons deelnemers het goed presteer in Voorlees en Voordrag , Monoloë en Gedigte.

English Olympiad - to top

This year we had a total of 12 learners who entered the Olympiad. Although the grade 10’s struggled with the new format of literature discussion, our senior learners did very well. Our highest achievement was a silver medal for Refilwe Ntsonyane. Considering that this was a National contest and the learners second language, it is truly a good achievement.

Verbruikerstudie Olimpiade - to top

Baie geluk aan die volgende leerders wat geslaag het : Wendy de Beer (gr. 12), Douglas Botha, Jacqueline Poolen, Precious Lubisi en Sheryldean van Biljon (almal gr. 11).

Lewenswetenskappe Olimpiade - to top

Vyf leerders het deelgeneem en ons gemiddeld is weer bo die gemiddeld van Suid-Afrika.

Computer Applications Olympiad - to top

This is the first year that this Olympiad took place. It is only in English and gr. 8-12 had to do the same paper.

Global Wiskundige Geletterdheid Olimpiade - to top

Die uitslag van die Olimpiade is nog nie bekend nie. Dit sal op Facebook verskyn sodra dit bekend is.

Harmony Gold Wiskunde Olimpiade - to top

Harmony Wiskunde Olimpiade Fotos

Vrystaat Wiskundespan - to top

Die volgende leerders word gekies vir die Vrystaat Wiskundespan wat op 10 September vanjaar Nasionaal deelgeneem het : Shaun Claase (A-span), Elzanè Wessels, Franco van de Venter en Kristen Darker.

Addisionele Wiskunde - to top

Gustav Potgieter, Elmien Opperman en Rian Pretorius neem Addisionele Wiskunde as ekstra vak. Gustav handhaaf ‘n gemiddeld van oor die 90% en ons sien met afwagting uit na die eindeksamen.

Amesa Wiskunde Kompetisie - to top

Vier van ons leerders behaal plekke onder die top 10 presteerders in die Vrystaat in hierdie kompetisie.

Gustav Potgieter 7de in Gr. 12
Wimpie Willemse 10de in Gr. 11
Nico Jonker 9de in Gr. 10
Franco van de Venter 8ste in Gr. 9

Departementele Vasvrakompetisie - to top

Ons Junior leerders, Franco van de Venter, Shaun Claase en Raymond Bartlett – A-span, is die wenners van die Virginia-streek
en Arno Botha, Elzanè Wessels en Rozanne Kruger - B-Span, die naaswenners.
Die A-span wen ook die Lejweleputswa-afdeling en gaan ding mee in Bethlehem aan die Vrystaatkompetisie waar ons vierde eindig,
met net een punt agter die derde span en hierdie 3 spanne was almal van Bloemfontein.