Redenaars
Die skool het weer vanjaar aan die ATKV Redenaarskompetisie deelgeneem en dit is die
eerste jaar dat die ATKV voorsiening gemaak het vir Engels Addisionele Taal-sprekers.
Die Huistaal-sprekers was Carina Lues, Karli Opperman en Elzanè Wessels. Karli Opperman het
tydens die eerste uitdun by Hoërskool Sentraal in Bloemfontein deurgedring na die
onvoorbereide toespraak. Sy het ook verder presteer deur deur te dring na die
halfeindrondte by Witteberg Hoërskool. Daar was slegs 20 leerder wat die Vrystaat
verteenwoordig het en waaruit slegs twee gekies is vir die Nasionale Rondte.
The English Additional Language-orators were Alice Matsombi en Lerato Makafane,
Jacky Lombard and Martha Rakotheli. In Bloemfontein Lerato made it through to the
second round of the unprepared speeches.
