Top Presteerders / Top Achievers 2011

Grade 12 Gustav Potgieter 88,43%
  Frank Fourie 81.24%
  Bobby Molete 79,86%
     
Grade 11 Wimpie Willemse 82,86%
  Kershney Sheppard 76,43%
  Nobunhle Lubisi 76,24%
     
Grade 10 Nico Jonker 85,51%
  Elmien Opperman 84,81%
  Lauren Gidley 83,57%
     
Grade 9 Marike Willemse 85,70%
  Christine Swanepoel 84,93%
  Kristen Darker 83,89%
     
Grade 8 Karli Opperman 92%
  Rozanne Kruger 91,04%
  Elizabeth Terblans 90,67%

Akademiese Toer

Henties beloon graag die akademiese presteerdes vir hul harde werk deur die jaar en daarom word die eerste drie presteerders van elke graad (gr. 8-11) gratis op ‘n toer geneem en die vierde en vyfde presteerders mag op eie onkoste saamgaan.

Vanjaar se toer was na Mpumalanga gedurende die Septembervakansie en die volgende plekke is besoek :
Machadadorp, Sudwalagrotte, Sabie, Bridal Veil Waterval, Lone Creek Waterval, Pelgrimsrus, Graskop, Blyderivierpoort, Strijdomtonnel, God’s Window, Bourke’s Luck Kolkgate, Drie Rondawel Uitsig, Manoutsa, Swadini-oord, Skukuza, Hazyview en Nelspruit.

Me. Rina Nel en Henna Potgieter het die groep vergesel en alhoewel dit ‘n besige tydjie was, het almal dit verskriklik geniet.

Mag die doelwit vir 2012 wees om weer deel te wees van die groep en aan die ander dat hul gaan hard werk om ook te kan gaan.